Hugo Van der Berg Ing. Profiel

Hugo Van der Berg Ing. is ‘n prokureursfirma gebaseer in Petrusburg in die Suid-Wes Vrystaat. Die firma is gestig in 2014 toe Dewald van der Berg hom by Jan Hugo se gevestigde praktyk aangesluit het.

Jan Hugo is ‘n praktiserende prokureur en notaris sedert 1983 en spesialiseer in insolvensies, asook eiendomsreg. Jan is ook ‘n Professionele Geassosieerde Eiendomswaardeerder.

Dewald van der Berg is in 2009 toegelaat as prokureur en spesialiseer in kommersiële reg.

Ons beskik oor ‘n vlak 4 SEB Sertifikaat. Kliek hier om die sertifikaat af te laai.

 

 

Dienste

Ons praktyk lê sterk klem op die landbousektor, uit die aard van die omgewing waarin ons werk. Ons bied die volgende dienste aan ons kliënte:

  • Litigasie (Landdroshof en Hooggeregshof aangeleenthede);
  • Opstel van kontrakte;
  • Oprigting van maatskappye en trusts;
  • Opstel van testamente en bereddering van bestorwe boedels;
  • Waardasies van eiendom in opdrag van kurators van insolvente boedels, sowel as waardasies van bestorwe boedel bates, asook waardasies vir hofgedinge en arbitrasies; en
  • Eiendomsoordragte en ander aktes aangeleenthede.

Ons is in samewerking met Hugo & Terblanche Afslaers en Eiendomsagente, wat ons in staat stel om ‘n eenstop diens te lewer in eiendomstransaksies.

 

Kontak Ons

Ossewastraat 20, Petrusburg, 9932
Posbus 8, Petrusburg, 9932
Tel: 053 574 0002
Faks: 053 574 0192


U kan ons gerus ook direk kontak:

Jan Hugo:   082 555 9084 / hta@htaa.co.za
Dewald van der Berg: 072 576 9828 / dewald@htaa.co.za